Mind assault

Hoekom

Mind assault
Breek af die mure wat staan vir die lewe
Bou op die fondamente van die dood
Ons draai die sleutel wat die wereld vermoor
Huil my ‘n storm van lood en dan vra ons

Ons speel God, ons is reg
Die arm verloor en die ryk floreer
Almal weet beter as die volgende een
Hou so aan, ons lewens is leuens

Hoekom is die wereld so sleg?
Hoekom is die wereld in pyn?
Verniel die balans tussen lewe en dood
Dra die gewig dwars op ons skouers?

Ons is die kanker wat ons lewens versmoor
Bloei n rivier van geweld en dan vra ons
Dit is jy, dit is ek
Ek se dis jy en jy se dis ek

Almal wys vinger na die volgende een
Hou so aan ons lewe in ‘n leuen
Hoekom is die wereld so sleg?
Hoekom is die wereld in pyn?
Hoekom?

Encontrou algum erro na letra? Por favor envie uma correção clicando aqui!